Hannover 96

Hannover 96
logo
Volle naam Hannoverscher Sportverein
von 1896 e.V.
Bynaam/me Die Roten
Stigting 12 April 1896
Tuisveld AWD-Arena,
Hannover
Kapasiteit 49 000
Voorsitter Martin Kind
Bestuurder Thomas Scharf
Liga 2. Bundesliga
2023/24 6. posisie
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Tuiskleure
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Wegkleure
AWD-Arena, Hannover

Hannover 96 is 'n sportklub uit Hannover hoofstad van die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland. Benewens sokker, het die klub ook afdelings vir atletiek, gimnastiek, pluimbal, tennis, tafeltennis, biljart en driekamp.

Die klub is op 12 April 1896 gestig as Hannoversche FC 1896. Eers in 1899 het sokker die rol as belangrikste sport van die klub oorgeneem by rugby. In 1913 het die klub saamgesmelt met BV Hannover 1898 en Hannoversche Sportverein (HSV) von 1896 geword.

Na die herstrukturering van die Duitse sokkerstruktuur deur die Nazis in 1933 is Hannover in die Gauliga Neder-Sakse as SV Hannover 96 ingedeel. Die klub het sy eerste verskyning in die uitspeelwedstryde om die Duitse titel in 1935 gemaak en sy eerste Duitse kampioenskap in 1938 gewen, in wat steeds as een van die grootste verrassings in Duitse sokker beskou word, deur FC Schalke 04, die mees dominante sokkerspan in die jare van die Derde Ryk, in die eindstryd met 4-3 te verslaan. In 1942 is die klub oorgeplaas na die Gauliga Suid-Hannover-Braunschweig.

Soos vele Duitse klubs het die klub na die Tweede Wêreldoorlog tydelik opgehou bestaan, maar in Augustus 1945 het 'n span bestaande uit spelers van Hannover 96 en SV Arminia Hannover (tans in die Oberliga Noord) 'n wedstryd teen 'n Britse militêre elftal gespeel. In 1954 het die klub weer die Duitse titel gewen deur 1. FC Kaiserslautern beslissend met 5-1 te verslaan. Die verloorspan het 5 spelers bevat wat later dieselfde jaar in Duitsland se span was wat die wêreldbeker gewen het in 'n verrassende oorwinning wat bekendstaan as die Wonderwerk van Bern. Die klub se ander groot prestasie was om in 1992 die DFB-Pokal te wen. Oppad na die titel is daar met die Bundesligaklubs BV Borussia Dortmund, VfL Bochum, Karlsruher SC, SV Werder Bremen en VfL Borussia Mönchengladbach afgereken.

Die klub speel sy tuiswedstryde sedert 1954 in die AWD-Arena in Hannover (vroeër bekend as die Niedersachsenstadion). Voor 1954 het die klub op die Radrennbahn gespeel.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy